Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " As jy my kon volg " deur KOOS DU PLESSIS
" As jy my kon volg " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61798] Do, 09 Mei 2002 20:21
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

As jy my kon volg
Koos du Plessis

As jy my kon volg op die vleuels van die wind
na wêrelde oorkant die maan,
sou jy my spoor in die melkweg vind,
my tent tussen sterre sien staan....

Want ek is nog jonk en die wêreld is oud;
sy skadu val ver deur die ruim.
Neem nou my hand, want die nag word koud
en waarom sal ons versuim?

As jy my kon liefhê tot alles vergaan
en nooit ooit die skeiding sou vrees,
sou ons die lewe kon leer verstaan --
'n oomblik gelukkig kon wees.
Vorige onderwerp: "Koue vuur " deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: " Die somer is verby " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 03:49:13 MGT 2024